TWEE DAMES SIT EN KUIER

TWEE DAMES SIT EN KUIER -- JOKE

Twee dames sit en kuier by 'n ou dame wat maar bietjie baie doof is van die ouderdom. Die een dame se man is 'n uitstekende tuinier en sy spog graag oor hulle pragtige groentetuin.

"Haai, weet julle, ons wortels is soooooo groot"...en sy beduie met haar hande. "En julle moet ons aartappels sien! Dit is sommer sulke knewels" Weereens word met twee bak hande beduie hoe groot die aartappels nou eintlik is.

Die ander dame is bietjie afgehaal. "My man is 'n prokureur so hy het nie baie tyd vir tuinmaak nie. Ons worteltjies is maar redelik klein" en sy beduie presies hoe klein hulle is. "Ons ou aartappeltjies is nog baie jonk, en is nog maar so groot" (Sy beduie met haar vingers hoe klein die aartappeltjies is.

Die ou dowe tannie het die beduiery so gesit en kyk en vra toe later nuuskierig - "Van wie se man praat julle nou?"

SO WHAT DO YOU THINK OF THIS JOKE ???
--BACK--