U BRIEF WAARIN U MY DREIG

U BRIEF WAARIN U MY DREIG -- JOKE

Meneer

U brief waarin u my dreig dat indien ek nie betaal nie, het vandag hier
aangekom. Ek en my seuns het groot plesier daaruit geput aangesien dit
baie gedagtes teruggebring het.

In 1945 het ek 'n saagmeul op skuld gekoop. In 1955 het ek 'n span perde, twee ponies, 'n tweeloop haelgeweer en twee varke gekoop, alles op skuld.

In 1956 het die verdomde meule tot op die grond afgebrand. Een van my
ponies het gevrek, die ander een het ek aan 'n onnosele wetter geleen wat hom laat vrek het van die honger. Toe sluit ek by die kerk aan.

In 1957 is my pa dood en my broer is opgehang omdat hy 'n pensionaris
verkrag het. 'n Boemelaar het my dogter op die paal gesit en ek moes die
bliksem R100 betaal om nie 'n familielid te word nie.

In 1958 kry my seun pampoentjies, wat toe afsak in sy knaters en hy moes
gekapateer word om sy lewe te red. Later het ons visgevang toe die
bleddie boot omneuk en my seun met die heel ballas het toe verdrink.

In 1959 loop my vrou weg met 'n skaapskeerder, wat my 'n tweeling as
aandenking nagelaat het. Ek huur toe 'n huishouster en trou later om koste en inflasie te bespaar. Ek het 'n helse job gehad om haar op die paal te sit. My dokter sê toe vir my om haar op die fyndraai skrik te maak.

Daardie aand vat ek my haelgeweer saam bed toe. Toe ek dink dis die regte tyd, leun ek uit die bed en trek 'n skoot af deur die venster. Die gevolg - my vrou het die bed bekak, ek het 'n breuk opgedoen, en my beste koei, wat buite gestaan het, is skoon in haar moer.

In 1960 het 'n vuilgat my stoetbul se eiers uitgesny. Ek was nou in my donder en het begin drink. Hiermee het ek aangehou. Ek het net 'n sakhorlosie en 'n swak blaas oorgehou. Om die horlosie op te wen en te hardloop vir 'n pis, het my 'n tydjie lank besig gehou.

Na 'n jaar het ek moed geskep en 'n misstrooier, 'n baalmasjien en 'n koei gekoop - alles op skuld. Toe kom die vloed en spoel die hele lot heeltemal weg. My ander seun, die een sonder die ballas, vee sy gat af met 'n giftige haasvel en sterf toe van onsteking.

U kan dus my verbasing voorstel toe ek lees dat julle vir my moeilikheid gaan maak as ek nie betaal nie. As u aan enige moeilikheid kan dink wat ek nog nie gehad het nie, sal ek dit waardeer om daarvan te hoor.

Om geld uit my te kry, is soos om te probeer om botter met 'n rooiwarm Naald in 'n ystervark se hol te stop. Ek wens dat 'n storm muishonde daardie klomp bliksems in julle kantoor wat vir my hierdie brief gestuur het, tref.


Die uwe

SO WHAT DO YOU THINK OF THIS JOKE ???

--BACK--