VAN TONDER KOM AGTER

VAN TONDER KOM AGTER -- JOKE


Van Tonder kom agter dat hy bietjie doof word en besluit om 'n gehoorapparaat te koop. Hy's net bietjie doof, en verdomp suining, so hy wil nie baie geld uitgee nie. "Hoeveel kos die goed?" vra hy vir die klerk. "Dit hang af meneer, ons het modelle van R20 tot R2000." "Nou man, waarvoor wag jy, wys my die R20 model." Die klerkie vroetel in 'n laai, haal 'n apparaat uit en hang dit om Van Tonder se nek. "Meneer, jy druk nou net die knoppie in jou oor en laat hang die toutjie tot in jou hemp se sak." "Ja ja, maar hoe werk die ding?" "Meneer, vir R20 werk hy nie eintlik nie, maar as die mense sien jy het dit aan, praat hulle sommer harder!"


SO WHAT DO YOU THINK OF THIS JOKE ???

--BACK--