VIER VRIENDE VANG VIS

VIER VRIENDE VANG VIS -- JOKE


Vier vriende vang vis by die Rietvleidam. "Julle manne sal nie glo wat moes deurmaak om toestemming te kry om te kom visvang nie," kla die eerste. "Ek moes die vrou belowe dat ek volgende naweek elke kamer in die huis gaan uitverf."

"Dis nog niks," kla die tweede. "Ek moes my vrou beloof dat ek by die huis 'n jacuzzi gaan laat insit."

"Julle het lig daarvan afgekom," sê die derde visserman. "Voor ek kon kom visvang moes ek eers belowe om die hele kombuis te laat herdoen met my Kersfeesbonus."

Vir 'n paar minute sit die vier in stilte en visvang, tot hulle besef dat die vierde niks gesê het nie.

"En jy, het jy nie probleme gehad om weg te kom nie?"
"Glad nie." Sê die ou. "Ek het my wekker gestel vir half-vyf, en toe dit afgaan rol ek om en vra: visvang of seks? Toe sê sy ek moenie my sonbrandroom vergeet nie."



SO WHAT DO YOU THINK OF THIS JOKE ???


--BACK--