VIR DRIE EEUE LANK

VIR DRIE EEUE LANK -- JOKE


Vir drie eeue lank het twee standbeelde in 'n park gestaan, 'n man en 'n vrou wat na mekaar kyk. Op 'n dag kom 'n engel verby en sê vir die standbeelde: "Vir drie eeue staan julle nou al so en kyk vir mekaar, geskei deur 'n enkele meter. Julle verskaf die mense wat hier in julle skaduwee kom sit soveel plesier dat julle 'n spesiale geskenk verdien. Vir 'n halfuur lank gaan ek julle menslik maak, en julle mag doen wat julle wil." Met 'n klap van die engel se vingers verander die twee standbeelde in mense van vlees en bloed, en met 'n vreeslike gegiggel verdwyn die twee in die naaste bosse. Vyftien minute later kom hulle met 'n breë glimlag elk uit die bosse. "Wel, julle het nog vyftien minute oor," sê die engel. "Wat wil julle nou doen?" Die vroulike standbeeld kyk opgewonde na haar manlike vriend en sê: "Wonderlik. Hierdie keer kan jy die duif vashou en ek sal op hom dinges!"



SO WHAT DO YOU THINK OF THIS JOKE ???



--BACK--