VLIEGTUIG MET VYF PASSASIERS

VLIEGTUIG MET VYF PASSASIERS -- JOKE

'n Vliegtuig met vyf passasiers, was op die punt om te val en daar was net 4 valskerms aanboord

George Bush sê "Ek is president van die VSA en leier van die vrye wêreld!" Daarmee neem hy die eerste valskerm en spring.

Die tweede passasier sê "Ek is Antoine Walker, een van die beste basketbalspelers en die Boston Celtics het my nodig!" Hy vat die tweede valskerm en spring.

Die derde passasier, Hilary Clinton,  sê  "Ek is 'n voormalige presidentsvrou, senator van New York en ek is die slimste vrou ter wêreld" Sy vat haar goed en spring.


Die vierde passasier is 'n ou man en hy sê vir die vyfde passasier, 'n jong seun,  "Ek is oud en het my beurt gehad en ek dink dit is my plig en my voorreg om vir jou die laaste valskerm aan te bied.

"Moenie bekommerd wees nie oom" sê die knaap.  "Daar is vir jou ook 'n valskerm.  Die slimste vrou in die wêreld het met my rugsak gespring!"

SO WHAT DO YOU THINK OF THIS JOKE ???

--BACK--