VOORSLAG JUKSKEI EN DRIESMAN

VOORSLAG JUKSKEI EN DRIESMAN -- JOKE

Voorslag, Jukskei en Driesman is drie bulle op 'n plaas. Voorslag is die grootste, so hy het vir homself 100 koeie gevat en goedgunstelik 80 vir Jukskei gelos. Jukskei is die tweede grootste, en op sy beurt het hy 20 van sy 80 koeie vir Driesman gegee. Driesman is die kleinste en jongste van die drie. Op 'n dag hoor hulle dat die boer 'n nuwe bul gekoop het, 'n gereelde wenner op die plaaslike skou.

Voorslag is sommer dadelik aggressief. "Daardie bul se moer as hy dink hy gaan 'n enkele een van my koeie kry!" Jukskei is net so omgekrap. "Daardie bul se gat as hy dink hy gaan enige van my koeie kry!" Driesman stem heelhartig saam. "Daardie bul se hol as hy dink hy gaan van my koeie kry!"

'n Week later kom 'n reuse trok op die plaas aan om die nuwe bul af te laai. Die bakwerk agter is vol duike, en dis duidelik dat die trok sleg verniel is. Die boer en 'n dosyn helpers begin die bul aflaai, en dis 'n vreeslike stryd. Elke keer wat die bul sy poot stamp dreun en bewe die aarde. Uiteindelik kry die helpers dit reg om die reuse Brahmaan van die trok af te kry. Die monster snork en kap met sy horings en stamp herhaaldelik met sy poot sodat die aarde bewe. Voorslag sê benoud: "Wel, dalk kan hy so 50 van my koeie kry." Jukskei stem saam: "Ja nee, 'n bul kan nou nie selfsugtig wees nie, hy kan seker so 50 van my koeie ook kry." Driesman klink egter heel aggressief.

Hy blaas woes deur sy neus, stamp met sy poot en kap met sy horings. Dit maak Voorslag en Jukskei benoud. "Driesman, ou seun," sê Voorslag. "Dis nie nou die tyd om die nuwe bul kwaad te maak nie. Los dit nou en gee hom 'n paar van jou koeie". "Voeter die koeie," antwoord Driesman. "Ek maak net seker hy weet ek is 'n bul!"

SO WHAT DO YOU THINK OF THIS JOKE ???

--BACK--