VOORTREKKERKAMP

VOORTREKKERKAMP -- JOKE

Liewe pa en ma Ons leierverkenner het gevra dat ons hier van die Voortrekkerkamp vir julle skryf, net ingeval julle die vloed op TV gesien het en bekommerd is oor ons.

Ons is OK. Net een van ons tente en twee slaapsakke het weggespoel. Gelukkig het niemand verdrink nie, want ons was almal op die berg besig om vir Jan te soek toe dit gebeur het. Sê asseblief vir Jan se ma hy is OK.


Hy kan nie skryf nie omdat sy arm in gips is. Ek het in een van daai redding-helikopters gery. Dit was lekker! Ons sou hom nooit in die donker gekry het as dit nie vir die weerlig was nie.

Verkenner Skroewie het kwaad geword vir Piet omdat hy gaan rondloop het sonder om vir iemand te sê. Piet sê hy het hom gesê, maar dit was seker tydens die vuur, so hy het hom seker nie gehoor nie. Het julle geweet dat as jy een van daai spuitblikke op die vuur gooi, dan ontplof hy? Die nat hout wou nie brand nie, maar een van die tente en party van ons klere het. Dawie gaan snaaks lyk tot sy hare weer uitgegroei het.


Ons kom Saterdag terug as verkenner Skroewie die kar kan regmaak. Die ongeluk was nie sy skuld nie. Die brieke was OK toe ons hier weg is. Hy  sê 'n mens moet verwag dat so 'n ou kar gereeld sal breek, dis seker hoekom hy nie versekering kan kry nie. Ons hou van die kar. Hy gee nie om as dit vuil is binne nie en partykeer laat hy ons bo-op die dak of voorop ry. Dit word warm binne in met 10 mense. Hy het ons in die sleepwa laat ry totdat die polisie ons gestop het en met hom gepraat het. Maar hy is 'n goeie ou en 'n goeie drywer.


Hy en Klasie is op die oomblik weg. Hy leer hom op die bergpaaie bestuur, waar daar nie karre is nie, net groot vragmotors wat boomstompe wegry.


Vanoggend het almal gaan swem, maar Verkenner Skroewie wou my en Jan nie laat swem nie, want ek kan nie swem nie en Jan se arm is in gips, toe gee hy vir ons die roeibootjie op die rivier. Dit was lekker! Party plekke is die water so diep na die vloed, daar is bome onder die water! En Verkenner Skroewie is nie kwaai oor lewensbaadjies soos daai ander  een verlede jaar nie. Hy werk nou baie aan die kar, so ons probeer hom nie veel pla nie.


Raai wat? Ons het almal nou klaar ons noodhulp kentekens gekry! Toe  Adriaan in die water geduik het, het hy sy arm oopgesny en Verkenner Skroewie het gesê ons moet op hom oefen om die wond toe te werk.  Ek en Herman het opgebring, maar verkenner Skroewie sê dis seker net vrot hoender wat ons gister geëet het of iets. Hy sê hy het ook baie keer siek geword van vrot kos toe hy in die tronk was. Ek is bly hy is nou uit, want hy sê hy het baie geleer terwyl hy in die tronk was. Wat is 'n pedofiel?


Ek moet nou gaan. Ons moet nou dorp toe gaan om ons briewe te pos. Moenie oor ons worry nie. Ons is OK.


Baai

Sakkie

SO WHAT DO YOU THINK OF THIS JOKE ???

--BACK--