VREESLIKE OU GRAP

VREESLIKE OU GRAP -- JOKE



'n Vreeslike ou grap, maar sekerlik nog steeds snaaks: 'n Galei vol slawe meer aan in die natuurlike hawe van 'n klein eilandjie. Die slawe is maar net te bly om hul roeispane te kan neersit, na weke van swoeg en sweet op die oop see. Die stuurman kom in om 'n aankondiging te maak: "Manne, ek het goeie en slegte nuus. Die goeie nuus is, ons is klaar met roei vir vandag. Ons gaan 'n wildevark braai en sommer baie rum drink. Die slegte nuus is, die kaptein wil more gaan waterski..."


SO WHAT DO YOU THINK OF THIS JOKE ???


--BACK--