VRIENDIN HET BAIE LAS

VRIENDIN HET BAIE LAS -- JOKE




'n Vriendin het baie las met haar bekkige vierjarige seuntjie in die kerk. Hy

lewer luidkeels kommentaar op alles en, ten spyte van kwaai kyke, ernstige

vermanings en waarskuwings, kom hy net nie tot bedaring nie.

Eindelik raak haar geduld op en sy gryp hom en stap met hom oor haar skouer in

die paadjie af, deur toe. Toe sy so driftig by die deur uitstap, kyk hy oor

haar skouer terug vir die gemeente en sê met 'n klokhelder stemmetjie: "Bid vir
my!"


SO WHAT DO YOU THINK OF THIS JOKE ???


--BACK--