WAT MY MA MY GELEER HET

WAT MY MA MY GELEER HET -- JOKE

Sy het my geleer om WERK WAT GOED GEDOEN IS, TE WAARDEER: "As julle mekaar wil doodmaak, doen dit buite - ek het nou net klaar skoongemaak" Sy het my van GODSDIENS geleer: "Jy beter begin bid dat die kol uit die mat uitkom" Sy het my geleer OM IN TYD TE REIS: "As jy nie nou opruim nie foeter ek jou tot in volgende week" Sy het my LOGIKA geleer: "Want ek sê so, dis hoekom" Sy het my geleer om VOORBEREID TE WEES: "Maak seker jy trek skoon onderklere aan vir ingeval jy in 'n ongeluk kom"

Sy het my IRONIE geleer: "Hou aan lag en ek gee jou iets om oor te huil" Sy het my oor die WETENSKAP VAN OSMOSE geleer: "Maak toe jou mond en eet jou kos" Sy het my van UITHOUVERMOˠgeleer: "Jy sal net daar bly sit tot al jou spinasie klaar is" Sy het my van die WEER geleer: "Dit lyk asof 'n tornado deur jou kamer is" Sy het my geleer om FISIKAPROBLEME OP TE LOS: "As ek skree daar is 'n komeet op pad, sal jy dan luister?"

Sy het my SKYNHEILIGHEID geleer: "Het ek jou nie al 'n duisend maal gese nie, moenie oordryf nie!" Sy het my van die LEWENSKRINGLOOP geleer: "Ek het jou in hierdie wereld ingebring, ek kan jou weer daaruit haal" Sy het my van GEDRAGSVERANDERING geleer: "Hou op om soos jou pa op te tree" Sy het my van JALOESIE geleer: "Daar is duisende, minder-bevoorregte kinders op die aarde wat wat sou gee om ouers soos jy te he"

SO WHAT DO YOU THINK OF THIS JOKE ???

--BACK--