WOORDE VERDUIDELIK joke

WOORDE VERDUIDELIK JOKE


HUWELIKSERTIFIKAAT: 'n Soort jaglisensie wat jou tot een bok beperk.

KREDIETKAART: Iets wat meeste mense gebruik wanneer hulle ontdek geld kan nie alles koop nie.

VLEISBRAAI: 'n Partytjie waar die kos so 'n bietjie rou en die gaste so 'n bietjie gaar is. BABA: 'n Soort engel waarvan die vlerke korter word namate die bene langer word.

BOOM: Iets wat jare op een plek bly staan en dan skielik op 'n dag voor 'n voertuig inspring.

DIEET: 'n Manier van maer word waarvoor jy gou dik word.

KARSIEK: Dit wat jy elke maand kry as jy die paaiement moet betaal.

KORTPAD: 'n Pad waarop jy niemand kan kry om jou te sê waar jy is nie. MIDDELJARE: Wanneer jy jou emosies vir simptome verruil.

OUDERDOM: Wanneer jou ledemate harder kraak as jou stem.


SO WHAT DO YOU THINK OF THIS JOKE ???


--BACK--