ZEBRA HET EFFE AFGEDWAAL

ZEBRA HET EFFE AFGEDWAAL -- JOKE

Hierdie zebra het effe afgedwaal uit die Wildtuin en op 'n plaas daarnaas beland.
Later het hy naby die plaaswerf op 'n hoenderhen afgekom.
Zebra vra: "En wat is jy?"
Antw: "Ek is 'n hoender".
"Wat maak jy hier?"
"Ek lê eiers, dan versamel die boervrou hulle. Party word ge-eet en die
ander verkoop hulle en kry geld"
Later kom die zebra 'n skaap teë. "Wat se ding is jy?" vra hy.
"Ek is 'n skaap".
"En wat maak jy hier?"
"Die boer skeer my wol, verkoop dit en kry geld daarvoor".
"O, ek sien" sê die zebra.
Volgende kom hy op 'n koei af.
"Wat is jy?".
"Ek is 'n koei".
"Wat is joú werk hier?" wil die zebra weet.
"Hulle melk my. Van die melk word hier gebruik. Die ander gebruik hulle om
botter te maak en te verkoop".
Nog later kom hy op so 'n groot bees met horings af, wat eenkant staan en
stof opskop.
Ewe versigtig vra hy "Wat se ding is u?".
Antw: "Ek is die BUL hier rond!".
"Wat doen u hier?".
"Trek uit daardie pajamas, dan wys ek jou!".

SO WHAT DO YOU THINK OF THIS JOKE ???

--BACK--