AKTEUR AANHALINGS

AKTEUR AANHALINGS







'n Aktrise wat suksesvol wil wees, moet die gesig van Venus hê, die verstand van Minerva, die grasie van Terpsichore, die geheue van Macaulay, die figuur van Juno, en die vel van 'n renoster.

-- Ethel Barrymore


'n Akteur is 'n ou wat as jy nie oor hom praat nie, nie luister nie.

-- Marlon Brando


Militêre geregtigheid staan in verhouding met geregtigheid soos militêre musiek in verhouding is met musiek.

-- Groucho Marx


'n Ekonoom: die enigste professionele mens wat sien iets werk in die praktyk en dan bekommerd wonder of dit in teorie werk.

-- Ronald Reagan


Om toneel te speel is bloot die kuns om 'n groot groep mense te keer om te hoes.

-- Ralph Richardson


A, dat die slopers kom om my oë uit te slaan!
Genoeg het ek gesien. Oorbodige bepeinsinge
bewaar in my kamers, ek, argief van gistergerigtheid
oumensbewend onder my dun laag dagha.

-- Wilma Stockenstrom


Welkom, vreemdeling vergetelheid. Skroom
nie om jou donker vakuum om my uit
te brei, vergroting van die duister agter
my ooglede.

-- Wilma Stockenstrom


Eendag sal ek, weet ek, die dood
met laggende skedel trotseer.

-- Wilma Stockenstromt


Ek sê mos die skedel lag
al huil en huil die gesig

-- Wilma Stockenstrom


Klippe is soms hoeders van fossiele....

-- Wilma Stockenstrom


klein verlede, verwaai en verspot, vergete en toetental
beteuterd in die gang van 'n vasteland wat geduldig
sy grondwater aanvul met bloed en met bloed bemes...

-- Wilma Stockenstrom


'n Diplomaat is vandag niks meer as 'n hoofkelner wat af en toe toegelaat word om te sit nie.

-- Peter Ustinov


Italie het dertig jaar lank onder die Borgias oorlog, terreur, moord en bloedvergieting gehad, maar mense opgelewer soos Michelangelo en Leonardi da Vinci, en die Renaissance. In Switserland was daar 500jaar lank broederliefde, demokrasie en vrede. Maar wat het hieruit gekom? Die koekoekhorlosie.

-- Orson Welles




SO WHAT DO YOU THINK OF THESE QUOTES ???





--BACK--



--NEXT--