DIGTER AANHALINGS 8

DIGTER AANHALINGS 8



die digter sal onvolmaak bly skryf
tot daardie dag van die leeu en die lam
die kat en die duif

-- Daniel Hugo

As God nie vrouens gemaak het nie, sou hy ook nie blomme gemaak het nie.

-- Victor Hugo

Te regverdige reg is 'n suster van die wraak. Vergeefs!

-- Victor Hugo

Die lewe is 'n droom, maar om te drrom is geen lewe.

-- Constantijn Huygens

'n Mens word nie vanself mal nie. Jy word verlei tot malheid.
-- Koos Kombuis


Die brandweer was die enigste job waar ek nie gefire is nie.
-- Koos Kombuis

Plant vir my 'n Namibsroos
Verafgeleë Welwitschia
Hervestig hom in Hillbrow
en doop hom Khayelitsha...
-- Koos Kombuis

En is jy wit
Of swart
Kak almal in die symste taal
-- Koos Kombuis

 
Jy wil as gevoelige mens wat die lewe liefhet, getuig van daardie lewe, van sy goed en sy kwaad, want dié is een.
-- Uys Krige


In party opsigte is die lewe soos die Oranjerivier wanner hy in volle vloed verbyjaag. Hy is vol blikke en takke en goeters, daar's 'n dooie donkie in of 'n skaap of 'n aasvoël of 'n jakkals en dit stroom alles verby en die ou rivier bly geel en troebel en onstuimig. Maar die skrywer of digter neem 'n deel van daai stroom en hy verstil hom tot 'n poel wat kalm en helder en deurskynend is en wat die son en die hemel en die sterre weerkaats.
-- Uys Krige

Afrikaners het 'n spesifieke kultuur, een waarvan die essensie vir dekades en langer een van onverdraagsaamheid was, en hoofsaaklik nog steeds is. Of 'n Afrikaner in die PAC of in die AWB is, hy is basies onverdraagsaam. Die onverdraagsaamheid dra verskeie klede. Dit word veral toegedek met eufemismes soos "vryheidsdrang" "liefde vir grond", "selfregering", en seder die nuwe bedeling "'n verset teen Kommunisme". Wat dit in werklikheid is, is dat die Afrikaner nie iets met iemand wil deel nie.
-- Antjie Krog


Hy wil baas wees op sy eie plaas. Hy wil regeer, al moet dit dan in 'n volkstaat wees. En hy soek, al is dit 'n sambreel of 'n speldekop, maar êrens gaan hy 'n baas wees. Sy taal wou hy nie deel met bruin nie; sy huis en toilet wou hy nie deel met swart nie.
-- Antjie Krog


As digter skryf ek 'n taal wat, gesien in die lig van wat alles aangespreek moet word, nie meer saak maak nie, binne 'n letterkunde waarvan die dak afgewaai het. Dit pla nie...Die wind is baie beter as die verstikkende noutes van die literêre politiek se gange. As joernalis kon ek uiteindelik net 'n oor vind in Engels, en die Afrikaanse deel van die nuwe, verfoeide SAUK. Buite die ghetto wat Afrikaans vir baie is, het jy met blydskap gespreksgenote gekry waarvan baie Afrikaans praat, waar ander weer 'n ma of Afrikaanse oupa het. As Suid-Afrikaner het ek vir die eerste keer vry gevoel om nou 'n eerbare bedeling vir myself en my gesin te begin.
-- Antjie Krog


SO WHAT DO YOU THINK OF THESE QUOTES ???





--BACK--