GODSDIENSTIGE FIGUUR AANHALINGS
Alleen die noodsaak om aan die lewe te bly, dwing 'n mens om handearbeid te doen.
-- Saint Thomas Aquinas
Here, maak my 'n instrument van U vrede. Waar daar haat is, laat my liefde saai; waar daar onreg is, vergifnis; waar daar twyfel is, geloof; waar daar wanhoop is, hoop; waar daar duisternis is, lig; waar daar droefheid is, blydskap. O Goddelike Meester, gee dat ek nie soseer sal soek om getroos te word nie as om te troos; om verstaan te word nie as om te verstaan; om bemin te word nie as om lief te hê. Want dit is deur te gee dat ons ontvang; dit is deur te vergewe dat ons vergewe word; en dit is deur te sterwe dat ons tot die Ewige Lewe gebore word.
-- Franciskus van Assisi
Hy wat sonder geloof bid, kan nie op gebedsverhoring hoop nie.
-- Francois Fénelon
Bier word deur die mens gemaak, wyn deur God.
-- Martin Luther
Christene moet nie hul rue geheel en al keer op komedies omdat dit growwe aardighede en ontugtighede bevat nie. Om dieselfde rede sou dit beteken dat 'n mens die Bybel nie mag lees nie.
-- Martin Luther
Vrede is belangriker as alle geregtigheid; en vrede is nie gemaak ter willle van geregtigheid nie, maar geregtigheid ter wille van vrede.
-- Martin Luther
Probleme en bekommernis dryf ons na gebed en gebed dryf probleme en bekommernis weg.
-- Philipp Melanchthon
Die mens se kapasiteit vir geregtigheid maak demokrasie moontlik, maar sy neiging tot ongeregtigheid maak demokrasie noodsaaklik.
-- Reinhold Niebuhr
God, gee ons die genade om met kalmte die dinge te aanvaar wat nie verander kan word nie, die moed om die dinge te verander wat behoort gewysig te word, en die wysheid om die een van die ander te onderskei.
-- Reinhold Niebuhr
Humor is 'n voorloper tot geloof en 'n gelag is die begin van gebed.
-- Reinhold Niebuhr
Dra die ou jas en koop 'n nuwe boek.
-- Austin Phelps
Leer hoe om te lewe, en 'n nog harder les: hoe om te sterwe.
-- Beilby Porteus
Elkeen het soveel geregtigheid as wat hy mag het.
-- Baruch de Spinoza
Die lyding van ons broers en susters in Zimbabwe is 'n klad op die naam van die streek én die vasteland.
-- Desmond Tutu
Waarom probeer ons ons nasie saboteer met prosesse waarin ons sê die meerderheid kan ander totaal vertrap, soos met plekname?
-- Desmond Tutu
Julle [mans] het die wêreld van die begin af bestuur. Kyk na die gemors wat julle gemaak het.
-- Desmond Tutu
Vier weergawes....vier....bestaan oor die lewe van Christus. Watter een sou jy wou gehad het moes uitgegooi word?
-- Desmond Tutu
Bewaar my van die diens aan die leuen,
wanneer ek leer om ander te leer
wat elke dag met hulle verloop, en rondom hulle.
-- Izak de Villiers
SO WHAT DO YOU THINK OF THESE QUOTES ???
--BACK--
--NEXT--