KUNSTENAAR AANHALINGS

KUNSTENAAR AANHALINGS




Geen voël sweef te hoog as hy sweef met sy eie vlerke.
-- William Blake

Die trots van die pou is die glorie van God
Die wellus van die bok is die gawe van God
Die gramskap van die leeu is die wysheid van God
Die naaktheid van die vrou is die werk van God
-- William Blake

O God, U gee ons alles as ons net 'n bietjie moeite doen.

-- Leonardo da Vinci


Vir mense om gelukkig te wees in hulle werk, is hierdie drie dinge nodig: hulle moet geskik wees daarvoor, hulle moet nie te veel daarvan doen nie, en hulle moet 'n gevoel van sukses in die werk hê.

-- John Ruskin

Argitektuur is die werk van nasies.

-- John Ruskin

Wanneer ons bou, laat ons glo ons bou vir altyd.

-- John Ruskin

Geen argitektuur is so skoon as wat dit eenvoudig is nie.

-- John Ruskin

Iemand wat nie 'n groot beeldhouer of skilder is nie, kan nie 'n groot boumeester wees nie. Hy is dan slegs 'n bouer.

-- John Ruskin

Liewer die grofste werk wat 'n geskiedenis meedeel of aan 'n gebeurtenis herinner, as die rykste sonder betekenis. Op groot openbare geboue mag nie een enkele ornament voorkom wat nie tot die verstand spreek nie.

-- John Ruskin

'n Argitek moet so min in stede woon soos 'n skilder. Stuur hom na ons heuwels en laat hom daar 'n studie maak van wat die natuur bedoel met 'n steunboog en wat met 'n koepel.

-- John Ruskin


SO WHAT DO YOU THINK OF THESE QUOTES ???


--BACK--