DIGTER AANHALINGS 3

DIGTER AANHALINGS 3





- moet ek ook 'n dieper wending gee?
dat ons almal net ballinge is van die Dood
om binnekort "huis toe" te mag gaan?
-- Breyten Breytenbach


daar is niks met ons verkeerd
wat die dood nie reg kan maak nie
-- Breyten Breytenbach


maar kyk, ons is elk
self die koetsier van verbygaan, goejop-regop met hande
verwelk
om die doodskar se leisels. wat só bid-bid is on reis
gewik, koel, 'n skelet gekelk in die dagkabaai van vleis...
-- Breyten Breytenbach


anoniem maar rustig
en aan geen bloed verknog:
miskien is die dood dan 'n verowerde asiel
-- Breyten Breytenbach


die dood is niks
is slegs 'n oorgang van asem na ontasem
-- Breyten Breytenbach


die dood is 'n afglansing vir die lewe:
wanneer die spieël breek kom die tyd van onbevangenheid
-- Breyten Breytenbach


elke droom skryf so sy klein, geheime briewe
soggens soek ons die rofies ink in die spieël
om dit weg te kan bêre in argiewe
maar die wonde genees nie
-- Breyten Breytenbach
 

Drome het ook asem en trane en marteling,
en die aanraking van blydskap;
hulle lê swaar op ons gedagtes later,
maar maak ons arbeid ook wel ligter;
Hulle verdeel ons aandag, word deel van ons,
soos die tyd self, en doen hul voor
as boodskappers van die ewigheid.

-- George Gordon Byron







SO WHAT DO YOU THINK OF THESE QUOTES ???





--BACK--



--NEXT--