DIGTER AANHALINGS 4

DIGTER AANHALINGS 4





Die vaarlandshart en grote gees
sal, tot die end ons leier wees -
die rotsvas-staner,
die vryheidsbaner,
die Afrikaner!
-- Jan F.E. Celliers


Daar trek 'n koeël, met spoed, met spoed;
hy's nat van Afrikaner bloed,
en smart die boodskap wat hy voer;
hy kom uit Afrikaner-roer,
hy kom uit Afrikaner-hart.
-- Jan F.E. Celliers

 
daar is meer poësie in die sneeuvlokkie
as in die letterkunde en baie meer poësie
in die miskruier in die toktokkie
in die meteorologie en entomologie
in die moremis en in die bergpiek
die horison wat in die hemel wegraak
in die rooswolk is daar baie meer liriek
die aarde is deur 'n digter gemaak
-- T.T. Cloete


Die digter is ook 'n dief, hy steel
van elke liggaam en elke gesig
en siel iets, van wie hulle nie heel
en bymekaar hou nie roof hy iets vir 'n gedig.
-- T.T. Cloete


kleef aan jou bed
die hemel is hol
en koud en ver verset
jou teen die dood wurmpropvol
-- T.T. Cloete


Niks bly
doos dit is nie. Soos snoei
is ook aanplant sny,
en uitroei.
Alle snye groei.
-- T.T. Cloete

 
My volk het hom
verveel en - toe die skrif gesien.
-- Sheila Cussons


Die groot uiterstes
behoef geen argitektuur:
die salige lig straal
gestalteloos soos 'n engel
die duisternis mok
amorf in homself
maar tussenin dans
dol soos 'n katedraal
bont
soos 'n gebrandskilderde
harlekyn
die menswees uitgeterg
tot haglike argitektuur.
-- Sheila Cussons



SO WHAT DO YOU THINK OF THESE QUOTES ???





--BACK--



--NEXT--