DIGTER AANHALINGS 5

DIGTER AANHALINGS 5





O Onveranderlike, Oneindigende,
Onbeginnende Woord deur Wie 'n klein
verrukte vuilerige kommatjie flits.
-- Sheila Cussons


Op die tafel lê die skamel beursie
van 'n hardwerkende vrou
en op hom sit 'n mot.
Ek weet nie wat hy van ekonomie
af weet nie maar ek dink
die wete wat hom gestuur het
om verskoning daarvoor te vra is God.
-- Sheila Cussons


En dié wat later kom met pik en graaf, sal
in die klipknoets van my vuis
die kwaai nes van die gode vind.
-- Sheila Cussons

 
Hulle bou stilweg en onverpoosd met hul dood
aan die ondersese rococo-katedraal wat glinster
in die skuins hale son: so word 'n skip katedraal.
-- Johann de Lange


poësie is 'n bloeiwyse, niks meer.
-- Johann de Lange


Elke diger
is óf id óf ego:
sibille of vakman:
die een se dinkwerk
is beprek,
die ander s'n
ontspring legio.
-- Johann de Lange


Die dood is die lewe se kloon.
-- Johann de Lange


mense gaan dood
maklik soos ander
asemhaal.
-- Johann de Lange


Watter pyn,
watter verlange
vorm my
en slyt my weg
vir die ewigheid reg?
-- Johann de Lange
 

Here ek dank U
dat die insek sy eier
in die dae van my blommetjie-wees
nie gelê he nie
dat my groen vleis in my skil
kan uitbult
vermeerder sonder die vloek
van vrot

-- Annesu de Vos







SO WHAT DO YOU THINK OF THESE QUOTES ???





--BACK--



--NEXT--