DIGTER AANHALINGS 6

DIGTER AANHALINGS 6





In ons tyd kom alles met etes in orde en al etende regeer mense mekaar.

-- Jean-Francios Delavigne


Die dooies vertel nie stories nie.

-- John Dryden

Om in jou hart te kyk en skryf, is nie genoeg nie. Jy moet in die serebrale korteks en spysverteringskanaal kyk.

-- T.S. Eliot



Die Griekse boukuns is die bloei van die meetkunde.

-- Ralph Waldo Emerson



Sonder 'n ryk hart is rykdom 'n lelike bedelaar.

-- Ralph Waldo Emerson



As jy iets wil weet wat niemand weet nie, gaan lees wat almal lees, net 'n jaar daarna.

-- Ralph Waldo Emerson



Die demokraat is 'n jong konserwatief; die konserwatief is 'n ou demokraat. Die aristokraat is die demokraat wat al saad geskiet het.

-- Ralph Waldo Emerson



Die demokrasie ontwikkel in 'n regering van bullebakke getemper deur koerantredakteurs.

-- Ralph Waldo Emerson



Die beloning vir 'n welgedane taak, is dat jy dit gedoen het.

-- Ralph Waldo Emerson



Die beskaafde man het 'n koets gebou, maar die gebruik van sy voete verloor. Hy word met krukke gestut, maar boet die gebruik van sy spiere in.

-- Ralph Waldo Emerson



Die ware toets van die beskawing is nie 'n sensus of die grootte van stede nie, maar die soort man wat 'n land lewer.

-- Ralph Waldo Emerson



Gevatheid is altyd welkom en wis alle onderskeid tussen mense uit. Geen waardigheid, geen geleerdheid, geen sterk karakter kan staande bly teen gevatheid nie.

-- Ralph Waldo Emerson



Ons vergeef die skenker nie heeltemal nie. Die hand wat ons voed loop in 'n mate gevaar om gebyt te word.

-- Ralph Waldo Emerson



Ons is studente van woorde: ons word 10 of 15 jaar saamgehok in skole en kolleges en voordrag kamers en kom uiteindelik te voorskyn met 'n sak wind, 'n geheue vir woorde en weet absoluut niks.

-- Ralph Waldo Emerson



Pasop as die grote God op hierdie aarde 'n denker loslaat!

-- Ralph Waldo Emerson



Niemand het nog ooit opreg gebid sonder om iets te leer nie.

-- Ralph Waldo Emerson







SO WHAT DO YOU THINK OF THESE QUOTES ???





--BACK--



--NEXT--