DIGTER AANHALINGS 7

DIGTER AANHALINGS 7



die eindelike rus as sag
de kersvlam groei en krimp en groei
en plotseling wegsink dat die nag
soos watermure oor my vloei.

-- Elisabeth Eybers



Die eensames voel nooit alleen
in die wit broederskap van been,
hier kan die digter sonder skroom
hom blywend toespin in sy droom.
Geen jaarlikse belastingheffing
op hierdie langtermynbelegging
geagte leser, dié geleentheid
bied hom slegs een keer in 'n leeftyd.
-- Elisabeth Eybers

'n Skrywer bederf alles wat hy te goed wil skryf.

-- Jean de la Fontaine


Drome kom altyd in teenstellings.

-- Oliver Goldsmith

Vrese word brandhout
op papier: papier
brandhout vir verse.
-- Joan Hambridge


daar blyk geen stilte
te wees
in 'n bottel barbiturate
of 'n flesvol as
-- Joan Hambridge


Ek leef met my oog
op die ewigheid - gedagvaar deur die dood
-- Joan Hambridge

 
Toe ek onlangs saam met 'n vriend voor die katedraal van Amiens staan, vra hy vir my hoekom ons deesdae nie meer so iets kan bou nie. Ek sê toe vir hom: die bouers van daardie dae had oortuigings; ons het net opinies en dit vra meer as 'n opinie om 'n Gotiese katedraal te bou.
-- Heinrich Heine


Kritiek is veranderlik. Dit kom voor uit die opvatting van 'n tydperk en het alleen vir daardie tydperk betekenis, en as dit nie self kunswaarde het nie, sterf dit saam met daardie tydperk.
-- Heinrich Heine


Die Romeine sou nooit die tyd gehad het om die wêreld te verower as hulle verplig was om eers Latyn te leer nie.
-- Heinrich Heine


Slaap is goed, dood is beter, maar die beste is om nie gebore te word nie.
-- Heinrich Heine

Leen net uit wat jy kan bekostig om te verloor.

-- George Herbert


...dat hy wat teen die onsterflikes veg, nie baie lank leef nie...

-- Homerus

Want alles heilig en menslik, deug, roem en eer, gehoorsaam nou die verleidelike invloed van rykdom.

-- Horatius

Die bleke dood klop sonder onderskeid aan die hutte van die armes en die kastele van konings.

-- Horatius

Die dood haal die vlugtende in.

-- Horatius

Soos die geld groei, groei ook die sorge.

-- Horatius





SO WHAT DO YOU THINK OF THESE QUOTES ???





--BACK--



--NEXT--