DIGTER AANHALINGS 1

DIGTER AANHALINGS 1



Boeke is die nalatenskap van 'n groot gees aan die mensheid, wat van geslag tot geslag oorgelewer word as geskenke aan die ongeborenes.
-- Joseph Addison
'n Perfekte treurspel is die edelste produk van die menlike gees.
-- Joseph Addison
 

Kry iets om te sê en sê dit so duidelik as moontlik.

-- Matthew Arnold


Wanneer ek dood is, hoop ek dit sal so wees: hoe sondig hy ook al was, sy boeke word gelees.

-- Hilaire Belloc

Geen voël sweef te hoog as hy sweef met sy eie vlerke.

-- William Blake



Die trots van die pou is die glorie van God
Die wellus van die bok is die gawe van God
Die gramskap van die leeu is die wysheid van God
Die naaktheid van die vrou is die werk van God
-- William Blake
 
'n stad se vorm, helaas,
verander vinniger dan 'n mens se hart
wat ou posture vaslê.
-- Peter Blum


Die stilistiek is 'n praksie om 'n kruip vol proefskrifte te pars uit 'n een-tros-letterkunde.
-- Peter Blum

 
Ons taal is 'n grys reserwis van meer dan honderd jaar met die vingers styf om die snellers -
-- Breyten Breytenbach


Julle sal leer om gehoorsaam te wees,
gehoorsaam en onderdanig.
En julle sal die Taal leer gebruik,
onderdanig sal julle dit gebruik
want in ons lê die monde
met die gif in die klop en die spoel van die hart
-- Breyten Breytenbach


Ons bring vir julle die grammatika van geweld
en die sinsbou van verwoesting -
uit die tradisie van ons vuurwapens
sal julle die werkwoorde van vergelding hoor
stotter.
-- Breyten Breytenbach


En julle sal die Taal asseblief leer gebruik,
gehoorsaam sal julle dit gebruik, breek...
          -- Breyten Breytenbach







SO WHAT DO YOU THINK OF THESE QUOTES ???





--BACK--



--NEXT--