DIGTER AANHALINGS 2

DIGTER AANHALINGS 2

Ons is waarskynlik soos 'n klomp bekeerde alkoholiste. Ons drink nie meer nie, maar elke slag as jy by daardie kroeg verbygaan, dan ruk daardie elmboog nog so. Ek bedoel dat as ons 'n klomp mense soos hierdie bymekaarmaak, dan dink mense onmiddellik in terme waarskynlik van 'n stryddag en van 'n gekonkel en 'n gekoukus en so aan. Maar ons gaan probeer om soos ordentlike beheerde alkoholiste heeltemal oop kaarte te speel, van voor tot agter, en om so onafrikaans soos moontlik te werk te gaan.
-- Breyten Breytenbach


As ek my Afrikanerskap vandag kon opsê, sou ek dit doen. Ek skaam my vir my mense.
-- Breyten Breytenbach


Alle praat in hierdie treurige, bitter, bont, begrafnisland is politiek - of dit nou fluisterpraat, kakpraat, wind - of spoeg- of saampraat is.
-- Breyten Breytenbach


die arme Afrikaners
hulle wat die lug gekneus het
en plastiek in môre geplant het
hulle wat in skroomlikheid kinders maak
en kordaat soos lafaards
in 'n geluidlose gekerm om liefde
met harde knuppels en sagte piele
met slakkerige tongvleis en klipperige skaamlippe
in die donker na wat donker is soek
in lok-asies agter bossies
-- Breyten Breytenbach


Om oor Afrika te vlieg is 'n topografie
van landmeterskap wat aan die mistieke grens -
die oog kan nooit lank genoeg rek
-- Breyten Breytenbach


nou betoog 'n geleerde elle en lelle geleerdheid
oor die selfbestemmingsreg van 'n volk
en ons wat nooit 'n volk was nie
maar slegs volk
-- Breyten Breytenbach


sjebienfilosowe, bergkaffers, wolkdeskundiges,
motorkarsangers, opregte oneerlike aanjaers
-- Breyten Breytenbach


plant my op 'n heuwel naby 'n dam onder leeubekkies
laat die sluwe bitter eende op my graf kak
in die reën
-- Breyten Breytenbach





SO WHAT DO YOU THINK OF THESE QUOTES ???



--BACK--



--NEXT--